Op 28 Mei 2020, tydends die Covid pandeme, is ons eerste Meatmasters aangekoop. 20 ooilammers, 34 ooie en 2 ramme.

My besighede waarby ek betrokke is het te doen met die outomatisering van bedryfs- en rekeningkundige prosesse. Ons fokus op die sagteware en bestuur van residensiële eiendomme asook rekeningkundige- en lojaliteit stelsels vir supermarkte, bottelstore en vulstasies. Maar in ALLES wat ons doen gebruik ons tegnologie om die menslike prosesse te vervang of te ondersteun. Dit verlaag kostes, verbeter kwaliteit en vergemaklik bestuur.

My ma sê toe ek 5-jaar oud was het ek eendag gesê ek wil my oupa se “skaap outa” word. Dit was in 1975.

LANDRANI® is slegs 100ha groot, ten volle omhein en geëlektrifiseerd (wat natuurlik help teen diefstal en roofdiere).

So drakrag was daar nie en binne ń dag met die ooie in die veld besef ons hulle gaan alles opvreet en verniel. Ons hanteer die hele 100ha as “fyntuin” so die potensiële verwoesting was onmiddellik al wat ons kon sien in ons “geestesoog”.

In ons eiendomsbestuur besigheid bestuur ons ongeveer 55,000 eiendomme meestal in die noordelike voorstede van Johannesburg. En daar verdien ons ń sekere gemiddelde inkomste per eiendom per jaar. Die besigheid is gebou vanaf 0 tot 55,000 eiendomme onder bestuur oor ń tydperk van 15-jaar.

En dis waar die hele plan toe gebore is. Wat is die kanse dat ek dieselfde kan doen maar met ooie instede van eiendomme? Dws oor ń 15-jaar periode groei vanaf 0 na 55,000 ooie en dieselfde inkomste per jaar verdien per ooi as per eiendom?

Maar ek het net ń 100ha, wat reeds verwoesting in die gesig staar, so wat nou?

Hierdie was die inleiding. Volgende week, as dit reg is, begin ek met “Hoofstuk 1” van die storie.

Terloops, hier is ń skakel na Chief op Facebook. Die man leef in weelde daar by Ramsem, en natuurlik raak hy so vet soos n varkie. Hy is n ou man, maar sy saad is nog baie mooi.

https://www.facebook.com/landranimeatmasters?mibextid=LQQJ4d

afAFR