Welkom by LANDRANI® Meatmasters

Jou eerste bestemming tot uitnemende diere en topgehalte genetika!
By LANDRANI® Meatmasters is ons baie trots daarop om 'n aktiewe lid van die Meatmaster-telersgemeenskap te wees. Ons omvattende en moderne teelpraktyke, tesame met ons strewe tot uitnemendheid, skep die geleentheid om geposisioneer te wees as bedryfsleiers in die verskaffing van voortreflike genetika. By LANDRANI® bied ons iets vir elkeen, hetsy jy 'n gesoute teler, 'n kommersiële boer, of bloot 'n Meatmaster entoesias wat op soek is na top gehalte diere om jou kudde mee aan te vul. Ons span staan altyd gereed om hulp te verleen in jou soeke na die ‘verskil’. Sluit by ons aan op ons reis en ontdek die LANDRANI Meatmaster ‘verskil’.

Ontdek die verskil

Kom ontdek die LANDRANI® ‘verskil’. Ons bied die geleentheid vir boere om ons uitsonderlike diere en topgehalte genetika te kom verken. Dit bly deurgans vir ons ‘n missie om in die boer se behoefte te voorsien, hetsy dit teelvee is, om jou kudde se genetika te versterk of die aankoop van Meatmasters vir kommersiële doeleindes. Hier bied ons jou boerdery die perfekte oplossing vir vooruitgang en groei.

Hoekom LANDRANI® Meatmasters kies

Kwaliteit Teling

Ons passie om ons diere goed te versorg dryf ons om voortdurend na die beste teelstandaarde te streef. Weens noukeurige seleksiemetodes sorg ons dat elke dier oor die gewenste eienskappe, gesondheid en genetiese potensiaal beskik.

Uitsonderlike Genetika

LANDRANI® Meatmasters bied met trots 'n diverse seleksie van Meatmasters, elkeen geteel om tot die beste van hulle vermoë te presteer in verskeie omgewingstoestande. Ons diere is die resultaat van selektiewe teling wat deur tegnologie en Kunsmatige Intelligensie (“KI”) aangedryf word. Daarmee bring ons voortreflike genetika na die tafel wat lei tot indrukwekkende groeitempos, hoë vleisopbrengste en verbeterde weerstand teen algemene siektes.

Toegewyde Kundigheid

Ons span bestaan uit professionele en passievolle rolspelers wat toegewyd is aan die welstand en sukses van ons diere. Met ons span se diepgaande kennis en praktiese ervaring verseker hulle dat elke aspek van ons teelprogram aan die hoogste standaarde voldoen.

Kliënt Tevredenheid

Ons prioritiseer kliëntetevredenheid en by LANDRANI® word ons verhouding met ons kopers hoog op prys gestel. Hiermee volg ons die benadering van kliëntgesentreerdheid, en poog ons om tot hulp te wees indien daar enige navrae of spesifieke versoeke vanaf ons kliënte gerig word. Indien jy raad benodig oor dierkeuses of sommer net ons teelpakkette wil verken, staan ons span gereed om hulp te verleen. Hier by LANDRANI® is Revolusionêre boerdery slegs ‘n e-pos of telefoonoproep weg. Dit is die LANDRANI® ‘verskil’

Etiese en Volhoubare Teelpraktyke

Ons glo vas in etiese behandeling van ons diere en staan ons by die volhoubare praktyke wat dit onderskryf. By LANDRANI® word ons diere met liefde, sorg en respek grootgemaak in 'n area wat geskik is vir die volhoubare onderhoud van ons stoet. Dierewelsyn word deurgans in ons teelproses bevorder en streef ons daarna om die effek van omgewingsimpak tot ‘n minimum te beperk.

LANDRANI® MEATMASTERS

Die Skaapboerdery Revolusie