Landrani March Calendar

Ope-naweke

LANDRANI® Meatmaster

Ons gaan afskop met ope-naweke vanaf Maart 2024. Die “opknap” van LANDRANI® LODGE sal einde Februarie voltooi wees. Die plan is om die naweke beskikbaar te stel vir die boere. Ons sal die temas deurlopend aanpas.

8 - 10 Maart

LANDRANI® Ope-naweek

Smart Feeder

Dié is 'n unieke geleentheid om ons Meatmaster stoet asook gevorderde boerdery- en produksietegnieke van naderby te sien.

15 – 17 Maart

IntelliFarm™️ Skaap Bestuursagteware

Intellifarm Sheep Management Software
Kom kyk na die IntelliFarm™️ mobiele Apple en Android “wolk” sagteware wat ons in staat stel om ons stoet asook ń onbeperkte hoeveelheid skape met presisie te bestuur.

Hoekom bywoon?

  1. Die naweek pakkette is gefokus op die uitruil van idees en beskikbaar stel van hulpmiddels en stelsels om die tipiese probleme wat skaapboere ervaar te elimineer. Die tema is deurlopend “Meet en Weet”, vanaf die kudde tot by die finansies.
  2. Bestuur is ons sterkpunt. Ons bestuur reeds 55,000 residensiële wooneenhede ingesluit die mense, honde, katte, wilde partytjies en alle probleme wat daarmee saamgaan.
  3. Rekeningkundige sagteware is ons ander sterkpunt. Behalwe vir die meer as 570 huiseienaarskemas wat op ons sagteware hardloop bedien ons ook meer as 900 kleinhandel winkels met ons EasyAcc Rekeningkundige pakket. Hierdie winkels is vandag bemagtig om deurlopend presies te weet wat in hulle finansies aangaan. 24/7. Party met n omset van soveel as R3.5m per dag.
  4. Die groep se lojaliteitsagteware bedien tans meer as 2-miljoen Suid Afrikaners. Die sagteware fasiliteer die verdien van voordele en punte baie soos Pick & Pay se “SmartShopper” en Dischem se “Benefit Programme”.
  5. Ons is die enigste spelers in Suid Afrika wat die “gewaagde” besluit geneem het om self te begin boer en op die harde manier te leer hoe om ons tegnologie en sagteware aan te pas om die Suid-Afrikaanse skaapboer te help. Ons moes eers self die uitdagings bemeester alvorens ons enigsens van hulp kon wees.
  6. LANDRANI® is omskep nie net in ń demonstrasiesentrum nie maar ook in ń tegnologiese “skaap temapark” om by een fasiliteit al die komponente van skaapboerdery aan te spreek en waar boere dit self kan beleef.

Hier is dus jou geleentheid om munt te slaan uit die vrug van ons arbeid om jou boerdery op ń volgende vlak te sit.

  • Ons naweke het ń koste van R5000 per paartjie met verblyf en etes ingesluit (2-nagte)
  • Verblyf is in ons luukse eenhede by LANDRANI®, Oudtshoorn.

Whatsapp my asb direk (0716000819) indien u sou belangstel in enige van hierdie naweke. Ons kan slegs 6 paartjies per naweek akkommodeer. Jy is welkom om ook meer inligting aan te vra.