Besprekings sluit: Vrydag 19 Januarie 2024.
Dit is 'n unieke geleentheid om ons gevorderde boerdery- en produksietegnieke van naderby te sien.
Dié naweek sal ons die volgende ten toonstel:
1. VoerFabriek:
Ontdek ons gepatenteerde proses vir proteïenverhoging en presisie voeding van ooie.
Redelik vroeg in my soektog na alternatiewe vir ekstensiewe weiding het ek afgekom op 'n proses wat urease genoem word. Urease breek ureum in lae-kwaliteit voer soos koringstrooi af na ammoniak, wat die proteïeninhoud verhoog. Hierdie proses benodig water om die urease-reaksie te bevorder vir effektiewe ureum-omskakeling. Sonder genoeg water verminder dit proteïensintese-effektiwiteit en kan skadelik wees vir diere. Water byvoeging, tussen 30%-60%, is dus noodsaaklik.
Hierdie strategie het die volgende uitdagings tot gevolg gehad:
- Hoe balanseer ons die ooie se voedingsbehoeftes met hul onderskeie produskiefases?
- Hoe beheer ons die risiko van muf indien 30-60% vog aanwesig is in die voer?
- Hoe voer ons die ruvoer "presies" sonder dat ons dit die heeltyd moet afweeg?
Ons het 'n unieke, gepatenteerde produksie- en voedingsproses ontwikkel, bekend as "VoerBlok", wat dié kritieke uitdagings oplos. Ons sal dit demonstreer.
2. LamFabriek::
Sien hoe ons Meatmaster-lammers in doelgerigte strukture gebore word en ons hulle grootmaak met ons gevorderde RFID "meet en weet" proses.
Ons ooie wei in die Karoo en skuif na LANDRANI® 'n week voor lam. Hulle bly dan in ons LamFabriek™️, 'n lamkampstelsel aangepas vir VoerBlok voeding. Met hoë higiëne-prioriteit het ons 'n 2.4m hoë plastiekvloer vir maklike misverwydering. Lammers bly hier tot hulle 2 weke oud is.
3. GroeiFabriek:
Kom kyk na ons VoerBlok asook outomatiese "auger" stelsels vir die laktering van ooie, uitgroei van jong ooie, asook afrond van ramlammers.
By jong skape is rumenspasie belangrik vir effektiewe groei. Ons VoerBlokke is ideaal vir volwasse diere, maar vir jong lammers met 'n aanvanklike 1:1 voeromsetverhouding, is groei vir min geld moontlik. Om dit te benut, moet hulle inname tot 5.2% van hul gewig verhoog en dit is moontlik met 'n hoë-digtheid rantsoen soos pille. Ons het spesiale voerders ontwikkel om inname te verhoog en te meet.
4. ProduksieFabriek:
Verken ons uiteenlopende benaderings tot ooie wat wissel tussen ekstensiewe weiding in die Karoo en gespesialiseerde hoë strukture.
Ons ProduksieFabriek benadering is waar ons die toekoms sien van ons stoet wanneer ons hulle nie almal permanent op die Karoo weiding aanhou. Ons behoort egter altyd ons stoet ooie 'n geleentheid te gee in die Karoo om hulle genetika vir veldaanpassing te bewaar.
Ons beklemtoon die feit dat ons 'n intensiewe komponent gebruik om hoë waarde veldaanpasbare diere te teel.
5. VleisFabriek:
Leer oor ons prosesse vir die versnitting, verpakking, en verspreiding van slaglammers.
Om die waardeketting te benut, bestuur ons die verwerkings- en verpakkingsproses op LANDRANI®, sonder om self te slag. Ons ontwikkel tans fase 2, gefokus op die vervaardiging van vleisprodukte om uitskot ooie te benut en maksimum waarde vir beide ons lam en afgetrede ooie te verkry. Van ons Meatmaster-stoetooie wat ons by Clynton Collett gekoop het, gebore in 2015 en nou dragtig op 9-jarige ouderdom, het hul eerste lammers op 12 maande gehad, wat die waarde van hierdie ras beklemtoon. Ons mik vir maksimum opbrengs op hul karkas na 9 jaar se diens.
6. Bestuursprogram:
Kry insig in ons effektiewe 8/9-maande skedulering- en bestuursprogram.
Ons sal julle vinnig wys hoe ons al hierdie toue bymekaar hou. Kortliks bestuur ons hierdie besigheid met die volgende sagteware komponente:
- IntelliFarm™ Mobiele Toepassing
- MegaHub Skedulering
- IntelliFarm™ Rekeningkundige Sagteware
- IntelliFarm™ Betaalstaat ("Payroll" en "Time & Attendance”)
Al hierdie sagteware komponente is inhuis ontwikkel en ons is gereed om dit beskikbaar te stel aan skaapboere om saam met ons te kan "meet en weet”.
- Die naweek het ń koste van R5000 per paartjie verblyf en etes ingesluit (2-nagte)
- Verblyf is in ons luukse eenhede by LANDRANI®, Oudtshoorn.
- Besprekings Sluit: Vrydag 19 Januarie 2024
- Ons kan slegs 6 paartjies akkommodeer per naweek.