Ek wil graag van die oomblik gebruik maak om 'n paar stukkies terugvoer van ons onlangse gaste tydens die IntelliFarm™ Bestuurstoepassing Naweek met julle te deel. Hierdie boodskappe lig weereens die passie uit wat ons almal deel in skaapboerdery.

” Eerstens wil ek net Landrani bedank vir die feit dat hulle ons geraadpleeg het om deel te wees van so ‘n naweek, vanaf die lamfabriek tot op die einde. Ek het net gevoel dat ons met alles definitief ‘n verskil kan maak op DeRustica. Ek het baie geleer oor alle aspekte van bestuur, belangrik om meer te weet. Intellifarm het vir ons ‘n nuwe ervaring gebied om ons besigheid beter, makliker en vinniger te bestuur. Voel dit is net nodig om veranderinge aan te bring om ‘n beter rekordhouding te hê en om so veel moontlik data op te bou, vanaf geboorte tot volwasse ooie en ook ramme.”

Derick “Rampie” Campher, Isak “Rooibaard” Damons, De Rustica Dohnes

” Om die naweek op te som in een woord ONGELOOFLIK! Ongelooflike diere, tegnologie, verblyf, atmosfeer, kos en ‘n ongelooflike Landrani Familie.  Die naweek het ons weereens besef dat waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en waar daar ‘n liefde en passie is vir dit wat jy doen gaan elke dag ‘n dag wees om na uit te sien.  Dit was ‘n voorreg om Pieter se passie die naweek te kon ervaar en te deel in die liefde vir skaap, maar in Pieter se woorde sy liefies.

Ons beveel IntelliFarm aan vir elke boer oud en jonk, want dit gaan ‘n verskil maak.

Baie dankie aan Pieter en die hele Landrani Span!!”

Hanro en Izany (Dario Dormers)

“Excellence! Entoesiasme! Bemagtiging! Absolute ‘fine tuning’ en presisieboerdery. Stel jou in staat om foute uit te skakel, te verminder en jou kudde op ‘n baie hoër vlak te plaas. Opgewonde om die skaapbedryf met hernude energie en baie meer doelgerigte kennis aan te pak. Dankie, Pieter, vir jou onbaatsugtige energie en kennisdeling.”

Anne-Louise Stevenson

“Het ‘n ongelooflike nuwe denke en opvatting oor die toekoms van skaap boerdery by my laat posvat.  Die ou gesegde “om te meet, is om te weet”  

Sal in die toekoms al maatstaf wees om winsgewend voort te kan bestaan, met bewyse as ondersteuning. Dankie Pieter. Welgedaan. Doen so Voort”

George Stevenson

Van my kant af was dit weer eens buitengewoon fassinerend om al die waardevolle kennis en ervarings te hoor wat elke boer meegebring en met ons almal gedeel het. Dit het egter duidelik geword deur ons gesprekke dat daar 'n aansienlike gaping bestaan tussen die produksie van slagdiere en die produksie van teeldiere. Baie boere is onseker oor hoe om die oorgang te maak van die teel van 'n slagdier na 'n premiedier. Hulle glo dat hulle die potensiaal het om so 'n dier te teel, veral met die ondersteuning van IntelliFarm™, maar die werklike vraag bly: hoe ontsluit mens die ware waarde van 'n premiedier?

IntelliFarm™ bied weereens 'n oplossing. Boere wat met behulp van IntelliFarm™ selekteer en meet, sal toegang kry tot 'n bemarkingsplatform waar hulle nie net hul diere kan uitstal nie, maar ook die data en inligting wat daarmee gepaard gaan.

Die marges in die skaapbedryf is te nou om diere te koop sonder enige data.

Hopelik sal ek Saterdagoggend meer hieroor sê!

U is welkom om ons op Facebook te volg sodat u ń kennisgewing kry wanneer ons pos.

Sluit ook aan by ons Whatsapp groep vir waardevolle inligting en om op hoogte te bly van ons reis!

Groete

Pieter

afAFR