Hiermee die gedetaileerde program vir die 2de van ons 4-naweke wat aangebied word in Maart. Volgende week sal ek die 3de naweek se program in meer detail bekendstel.
Die eerste ope-naweek van 8-10 Maart is reeds volbespreek met 'n waglys vir die volgende een.
15-17 Maart 2024
IntelliFarm™️ Skaap Bestuurstoepassing
Besprekings Sluit: Vrydag 26 Januarie 2024
Kom kyk na die IntelliFarm™️ mobiele Apple en Android selfoon toepassing wat ons in staat stel om ons stoet asook ń onbeperkte hoeveelheid skape met presisie te bestuur.
Dié naweek sal ons julle aan die volgende modules blootstel:
Kommersiële Kuddebestuur
- Skedulering van geoutomatiseerde aksies soos bv. doseerprogram, ramme insit & uithaal, wanneer ooie gaan lam, skoonmaak van krale, krippe, ens. Letterlik enige toekomstige aksie waaraan jy kan dink kan geskeduleer en bestuur word.
- Skuif van diere na verskillende kampe. Dit wil sê jy weet waar elke dier homself bevind asook die geskiedenis van wanneer hulle waar was.
- Aantekening van alle inentings en doserings. Rekords word ook gehou van alle ad-hoc behandelings wat dier gehad het in sy leeftyd.
- Aantekening en rekordhouding van gewigte.
- “Scoring” of klas van diere. Bou en tipe, kondisie, sterkpunte & swakpunte.
- Vlaggies word opgestel vir diere soos bv. ooi wat in veld dooie lam gegooi het, of daar is opgemerk haar een speen is beskadig. Enige data wat relevant gaan wees in die toekoms wanneer teelbesluite geneem moet word.
- Die bestuur van kleur plaatjies wanneer groepe bestuur word in “kleure”. Elke ooi se plaaitjie kleur word aangedui soos per die groep waarin sy haarself bevind.
- RFID of 4-nommer plaatjie bestuur. Ook die hanteer van ‘n dubbel nomeringstelsel indien een plaatjie uitskeur.
- Laai en bestuur van dekkings. Kan of individele ram of ramgroepe wees. Dekking word gekoppel aan ooi of groep ooie.
- Bloedlyn bestuur deur die koppel van lammers aan ooie. Boere kan bloedlyne ook bestuur vir kommersiële kuddes. Dit voorkom inteling en help met seleksie besluite. Natuurlik moet die voordeel die addisionele arbeid regverdig. Elke boer besluit hier of hy ‘n behoefte het of nie.
- Aantekening van dragtigheidsresultate. Kan wees DRAGTIG of NIE-DRAGTIG of EENLING, TWEELING, ENS.
- RFID geinkorporeerde “Alerts”. Dit wil sê data word vanaf die toepassing afgelaai direk na ‘n DataMars XRS2 RFID handskandeerder en indien die ooie of lammers RFID plaatjies het gee die skandeerder ‘n unieke boodskap wanneer die dier geskandeer word. Bv. jy wil 4-weke voor dragtigheid jou ooie wat geskandeer is met tweelinge uithaal uit die kudde vir addisionele byvoeding. Dit vat letterlik 1-minuut om die data deur te stuur na die skandeerder en dan soos wat elke ooi se kop getik word sal die leser skree met ‘n boodskap en die ooi word uitgehaal. Boere wat reeds XR5000 toestelle met “autodrafters” het kan binne minute die data deurstuur na die XR5000 en die “drafter” sorteer die ooie.
- Dan is daar verslae om al die data soos bo bespreek te trek en te bestudeer vir besluitneming tydens paring of seleksie.
Stoet Kuddebestuur
Bo en behalwe alles soos genoem in Kommersiële Kuddebestuur het die stoet module die volgende addisionele funksionaliteit:
- Bou van dekkingslys wat totale laparoskopie program uitwerk. Die toepassing beheer die allokasie van ram semen aan ooie om inteling te voorkom, werk die DMS-dosisse uit, werk sponsontrekkingtydsgleuwe uit asook laparoskopie tydgleuwe. So as veearts 40 ooie per uur kan doen werk toepassing uit watter 40 ooie word watter uur van die dag gedoen. Selfs die sponsontrekking asook spuit van DMS word uitgewerk gebaseer hoelaat die ooi haar prosedure gaan kry. Alle data word weereens na DataMars XRS2 skandeerder gestuur en die hele proses word met die skandeerder bestuur.
- Elektroniese integrasie met stamboek. Die toepassing registreer die lammers met hul geboortegewigte asook later die elektroniese opdatering van speengewigte. Die kansellasie van stoetooie word ook direk vanaf die toepassing gedoen. Aangesien Stamboek partykeer die data moet verwerk word ‘n epos elke dag ontvang wat uitstaande opdaterings lys. Daar word dus bitter min ingelog by Logix. Alles gebeur op IntelliFarm™️ toepassing via ‘n iPhone of Android selfoon.
Voerkraal en Voedingsbestuur
Hierdie module is nie hoofstroom beskikbaar nie en sal slegs op spesiale versoek gedemonstreer word. Ek sal tydens die naweek net die funksionaliteit liggies aanraak.
- Die naweek het ń koste van R5000 per paartjie verblyf en etes ingesluit (2-nagte)
- Verblyf is in ons luukse eenhede by LANDRANI®, Oudtshoorn.
- Ons kan slegs 6 paartjies akkommodeer per naweek.
- Besprekings Sluit: Vrydag 26 Januarie 2024